Kry dit op Google Play Jesus, ek vertrou in U!

Jesus, ek vertrou in U!

Die Kapelet van Die Goddelike Barmhartigheid

Bid rozenkrans. Begin deur:

Onse Vader wat in die hemel is, laat U Naam geheilig word. Laat U Koninkryk kom, laat U Wil geskied, soos in die hemel, net so ook op die aarde. Gee ons vandag ons daaglikse brood en vergeef ons, ons skulde, soos ons ook ons skuldenaars vergewe, en lei ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die bose. Amen.

Wees gegroet Maria, vol genade, die Here is met U. Geseënd is U onder die vroue, en geseënd is Jesus, die Vrug van U skoot. Heilige Maria, Moeder van God, bid vir ons sondaars, nou en in die uur van ons dood. Amen.

Ek glo in God, die Almagtige Vader, die Skepper van hemel en aarde; en in Jesus Christus, sy eniggebore Seun, onse Here, wie ontvang is van die Heilige Gees, gebore uit die Maagd Maria; wat gely het onder Pontius Pilatus, gekruisig, gestorwe en begrawe is; wat neergedaal het na die hel, die derde dag weer opgestaan het uit die dode, opgevaar het na die hemel en sit aan die regterhand van God, die Almagtige Vader; vanwaar Hy sal kom om te oordeel die lewendes en die dooies. Ek olo in die Hei|ige Gees, die Heilige Katolieke Kerk, die gemeenskap van die heiliges, die vergifnis van sondes, die wederopstanding van die vlees, en die ewige lewe. Amen.

Bid nou: Ewige Vader, aan U bied ek die Liggaam, Bloed, Siel en Goddelikheid van U Beminde Seun, onse Here Jesus Christus, as offerande vir ons sondes en die sondes van die wêreld.

Bid nou tien keer die volgende: Ontferm U oor ons en ooidie hele wêreld ter wille van sy Passie.

Afsluiting (3x): Heilige God, Heilige Almagtige, Heilige Onsterflike, ontferm U oor ons, en oor die hele wêreld.

Die Kapelet van Die Goddelike Barmhartigheid